Serengeti TradingProudly serving the South African Community
checkout    |    my account
shopping cart now in your cart
0 items
Search our catalog:
 
advanced search
shop by category:
  Baked Goods
  Beverages
  Biltong & Droëwors
  Biscuits & Rusks
  Books & Magazines
  Braai Essentials
  Candles
  Combo Deals / Gift Packs
  Flags
  Groceries
  Household
  Outdoors & Leisure
  Rooibos Tea
  Snacks
  South African Arts & Crafts
  Toilletries & Health






SA COMMUNITY - BOERE RATE
BOERE RATE
Hierdie Boere Rate is 'n versameling van wenke en idees wat uit ouma en hedendaagse tyd kom. Dit is slegs informasie wat op eie risiko gevolg moet word.

In die Kombuis:

Aartappels
  • Fyngemaakte aartappelskyfies by die vulsel vir 'n gestopte hoender is heerlik.
  • Gerasperde aartappels i.p.v. eiers om maalvleis te bind.
  • Skille van vars aartappels kom maklik af as dit eers 'n ruk lank in soutwater gelê het
  • 'n Bietjie meel oor aartappels voor dit gebak word sal dit gouer laat bruin word
  • Aartappelskyfies wat eers in melk afgespoel was sal heerlik bros bak.
  • 'n Teelepel suurlemoensap in die water laat aarappels mooi wit kook
Afval
  • Beeslewer sal net so sappig as kalflewer wees, indien dit 'n paar uur in melk gelê het voor dit gebak word.
  • Voeg een eetlepel asyn en een eetlepel stroop by water waarin beestong gekook word, die vel trek makliker af en die stroop gee 'n heerlike smaak.
  • Plaas 'n sny bruinbrood bo-op afval wanneer dit gekook word om reuke te voorkom.
  • Week lewer vier ure in suurlemoensap as dit taai is voordat dit gebak word.
Bakpoeier
  • Een teelepel bakpoeier = ¼ teelepel koeksoda en ½ teelepel kremetart

Huishoudelik

Asblik
  • Gooi boraks in die vuilgoedblik om onaangename reuke te verwyder.

Gesondheid / Health

Ambei
  • Zambuk Kruiesalf werk wonderlik
Vir Asma simptome
  • Varsgekapte peppermint kruie, gemeng met roosmaryn... Maak dit in 'n bondeltjie gaaslap en sit dit in jou badwater! Loop EERS die warm water in, hou die deur toe, en dan koue water. "n heerlike "sauna effek" trek daai borsie sommer gou gou oop.
Vir bloedklonte
  • 'n KLEIN bietjie kaneel in warm water elke dag werk wonders. Kaneel is soos die natuur se disprin. Dit verdun die bloed.
Vir hoë bloeddruk
  • Die asyn sous van gebottelde beet werk wonders! So lepel elke dag
Bors wat toetrek
  • Neem kamfer en sit dit tussen die skouers
Brand
  • Smeer die sap van aalwynblare aan, sal voorkom dat blase vorm
Vir Depressie
  • St Johns Wart (die wortels) in a tee getrek...
Hoofpyn
  • Trek roosmaryn soos 'n sterk tee en versoet met heuning.
Jig (gout)
  • Sit koolblare op, vervang twee keer per dag vir omtrent 5 dae. (Laya Labi - Israel)

Stuur asseblief enige BoereRate, wenke en idees na [email protected]
Boere Rate  |   Recipes  |   News & Announcements  |   Resources
Home|New products|My account|Shopping cart|Checkout|Privacy policy
Copyright © 2006 Serengeti Trading | Conditions of Use


PROUDLY SERVING THE SOUTH AFRICAN COMMUNITY